Dit het ‘n hele verstommende, vinnig verbyvliegende drie jaar gevat om die nuwe album te maak. “Die afstand tussen tyd” is ‘n viering, ‘n coming out vir ‘n stukkie siel wat vasgesit het. Nou’s hy vry, nou’s ek weer vry. Dit het ‘n paar maande se skryf, ‘n handjie vol ou vriende en een befokte record company gevat om dit te laat gebeur. Dankie Rohan, Wayne, Noddy, Emile, Gavin en laaste, maar nie die minste nie, Robert. “Bevry” is ook ‘n naam vir die album en julle elkeen het ‘n hand daarin gehad. Ewig dankbaar is moerse dramaties en dit sĂȘ net nie genoeg nie. Elke keer as iemand na “Die afstand tussen tyd” gaan luister, sal hulle na elkeen van julle luister sonder om dit dalk te weet of te besef. Vir ewig dankbaar. Kom ons vat hom op die pad!
Die nuwe tattoo is ‘n viering van hierdie vrymaking. Dankie Wayne vir die insig. Dit fokken werk! Hahaha…Hier’s my vlerk.



My bra, vlerke het jy nog altyd gehad. Hierdie tattoo is daar sodat ander mense dit ook kan sien.
Lekker bra !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Wow, love dit!