Die nuwe cd se details sal vroeg in die nuwe jaar op die site gesit word. Ons is klaar in die studio en die finale mixing word tans gedoen. Sodra ons gelukkig is met die mix, dan gaan hy Stellenbosch toe vir die mastering proses vanwaar ons hom mooi netjies in sy boksie verpak en rakke toe bring vir julle luistergenot. Hou die spasie dop vir updates oor die vordering.
Intussen het ons ‘n lieflike sponsor gekry, Hoodoo Tattoos. Die tattoo kunstenaars in briljant en as jy jouself in die Kaap bevind en jy brand vir ‘n bietjie ink, maak ‘n draai by die “Eden on the Bay Mall” in Big Bay, Bloubergstrand. Hulle is ook die offisiĆ«le verskaffers van Art Matthews van Just Jinjer se ink.

