• Blog

    Posted on December 18th, 2009

    Written by abie

    Tags

    Kykie baardie

    ‘n Baie goeie vriend van my het eens ietsie aangeraak. Wat word van band t-shirts wanneer mense hulle nie meer dra nie. In die jare wat ek die musiek industrie betree het was t-shirts een van die spreekbuise van jou band. Nie net was dit ‘n aanduiding van jou welvaart as viermanskap nie, maar aangesien daar heelwat minder bands was as vandag, het jou t-shirts nogal uitgestaan.

    Dit was op ‘n stadium nie vir my vreemd om in ‘n gym in te stap en iemand te sien in een van my eertydse t-shirts aan’t sweet nie. By kunstefeeste was dit ook nie vreemd om in jou eie gesig vas te loop om ‘n draai nie. Daar was natuurlik grooot hype om band t-shirts. Mense het dit versamel en die hele teorie om freebees was steeds in die mix. Mense is mal daaroor om iets gratis te kry. Die Abel Kraamsaal band het per geleentheid t-shirts by shows weggegee aan al die girls wat hulle boobs vir die band gewys het. Dit het egter die heel beste gewerk in Pretoria, maar nietemin. Ons sou op een aand iewers in die dertig stelle gesonde Afrikaner boobs sien. Fenominaal! Goeie dae!

    Die klem het effens van band t-shirts afgegaan en ander maniere van bemark het groter geraak. Bands het meer gekonsentreer op hulle websites. Dit was nog in die dae voor MySpace en Facebook, maar tog wel aan die begin van die groot internet bemarkings golf.

    Rohan haal een dag die teorie op oor waar hy dink t-shirts heen gaan wanneer mense hulle nie meer dra nie, maar soos dit met meeste van ons gesprekke gaan lei die een storie gewoonlik na ”n ander en ons verloor die t-shirt storie se draad. Dis eers nadat ek hom hierdie foto stuur dat ons weer die draad optel oor sy teorie.

    Nadat ek, vroulief en kabouter Lilah-Grace Oos-Kaap toe verhuis het, besluit ons om vir ‘n naweek Jeffrey’s Baai toe te gaan. Net ons drie. Twee baie snaakse dinge het daardie naweek gebeur. Die tweede snaakse insident was toe ons ‘n restaurant op die strand binnestap en een tafel in die hoek begin blaas. “Shhhhhht, pssst” gaan die tannies tekere. Vroulief hoor wat hulle sê en vou dubbel soos sy lag. “Kyk, daar’s Jan Blohm”, sis hulle. Mmmm…kom ons los daai ene daar.

    Die interessantste gebeurtenis daardie naweek is die een wat my voete onder my uitgeslaan het. Net voor JBay is daar ‘n plekkie waar turksvy verkopers in seisoen staan en hul oes verkoop. Ons ry verby, vroulief en kabouter lê oopbek en slaap soos ons verby ry, maar iets vang my oog. Ek hou aan in die rigting van JBay, maar daardie stukkie pla wat in my agterkop nesskop maak my die kar omdraai en terugry.

    Daar aangekom word vroulief wakker en wil onmiddellik weet hoekom ons stop. Ek wys my vinger in die rigting van die turksvy verkopers en haar mond val wyer oop as vroeër in die slaap posisie. Die een turksvy verkopertjie het ons heel eerste band t-shirt aan! Dis verregaande, fenominaal en wow! Check dit uit!

    Ons roep haar nader en beduie dat ons nie turksvye wil hê nie, maar wel ‘n foto van haar wil neem. Sy verstaan eers nie, totdat vroulief haar die konneksie wys tussen my en die t-shirt. Die oomblik toe sy die konneksie maak en daar gebuk by die kar staan met haar voorkom net-net binne die kar se ruit sê sy verras…”kykie baardjie!”

    This entry was posted on Friday, December 18th, 2009 at 12:44 am and is filed under Blog. You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.
  • 1 Comment

    Take a look at some of the responses we have had to this article.

    1. Snaaks hoe die fokus verander het in die laaste paar jaar. T-Shirts en freebies, die websites – dan myspace en natuurlik Facebook. Moenie vergeet van Twitter en al die ander goed wat nog daar buite is nie. Alles werk hand aan hand, maar die beste manier om jou naam uit te kry bly nog steeds die “word of mouth”. Dis vir my nog “snaaks” (na al die jare) om iemand te ontmoet wat na my potgooi luister – en gewoonlik weet hulle meer van my af as ek gedink het ….

      Afrikaner boobs – wat bly dan nou mooier :-) Hoekom sou dit beter in Pretoria werk wonder ek, as enige ander plek in die land ?

  • Leave a Reply

    Let us know what you thought.

  • Name(required):

    Email(required):

    Website:

    Message: