Dis vir my fokken lekker om in die Kaap te wees. Dis die eerste keer in ‘n baie lang tyd dat ek in die Kaap kom kuier, al my vriende te siene kry EN uiteindelik uit die kloue van die donnerse depressie is. Daai dier wat jou kop dof maak vir realiteit, jou ledemate lam maak vir uit die bed opstaan soggens en elke greintjie ondernemings gees in jou versmoor. FOk dit, dis verby. Dit het saam met die oujaar gevrek.
Gistraand staan ek in Koos Kombuis se kombuis en Kabeljou braai. Drie moerse visse. Ons drink rooiwyn, eet vis soos keisers en praat kak oor die ou dae. Lag uit ons mae uit en raak ook ernstig ook ander dinge. Dis lekker om vriende te mis en hulle dan weer te sien, want dit bly spesiaal. Goeie vriendskap is ‘n lewensaar waaruit mens kan drink wanneer jy dit nodig het. Ek het dit nodig gehad.
Die afgelope paar weke was vir my seker een van die mees spesiale tye wat ek in ‘n lang tyd beleef het. Nie net het ek baie tyd deurgebring met vriende wat na aan die hart sit nie. Ek het ook ‘n album opgeneem saam met van die mees talentvolle en dierbare mense in die musiek wêreld. Hierdie album is neergelê…klaar. Vir ‘n lang tyd het ek nie gedink ek gaan dit ooit doen nie.
Die album het gebeur as gevolg van ‘n paar hero’s in my lewe. Hierdie hero’s is vriende wat bly glo het. Sonder hulle sou dit dalk nie gebeur het nie…
Dankie Rohan, Kobie Koen van Aardvark Records en Vonk Musiek. Wayne en Noddy vir volgehoue entoesiasme oor die projek. Emile Minnie vir die klawers, Gavin by die studio…en laaste, maar definitief nie die minste nie. Robert Mitchley. Ons kom al 7 jaar musieklik saam. Jou production skills raak net beter en jou kitaarwerk uitmuntend…nou gaan ons die audiences rock dat hulle tande loskom!
Lekker krismis hou…as jy hierdie lees!
Kraamsaal groete!


Beautiful pic!