Stres is ‘n bliksem. En so onnodig meeste van die tyd. Ek weet van niemand wat al iets kon reg stres nie. En dis boonop geweldig ongesond om so te stres. In die Franse platteland is mens se lewensverwagting heelwat hoër as die res van die wêreld. Hoekom? Wan die mense raak nie vreeslik opgewerk oor dinge nie. Hulle leef elke dag soos dit vir hulle gebring word. Hulle staan en klets vir lank soggens in die bakkery met die bakker, terwyl die tou vcan broodkopers al hoe langer word tot in die straat. Almal klets, gesels oor die weer, die oes wat moet af en die straat ruik na sterk Franse sigarette. Mense rook heeldag, drink wyn met middagete en pass uit net na ‘n olyf olie-hoender-vars geplukte groente en natuurlik die vars brood middagete. Die dag word hervat na die ete afgeslaap is.
Hulle raak so oud omdat stres nie veel van ‘n rol in hul lewens speel nie. Alhowel dit ‘n klein groepie mense is in vergelyking met die res van die samelewing wonder ek tog soms hoekom ons die plot mis. En as ons dan weet wat die antwoord is, hoekom mis ons dit nogsteeds? My buurman en sy vrou lyk soos ou hippies. Hulle bly op die plaas langsaan, maar ons huise is sien en stap afstand van mekaar af. Hulle is klein bietjie jonger as my ouers, maar lyk tien jaar jonger. Hulle lewe eenvoudig. Hulle ry ‘n ou bakkie en ‘n ou motorfiets waarmee hulle op rallies gaan as die ou BMW wat al oor die 500 000 kilo’s op die klok het, werk. My buurman skud net sy kop as hy sien hoe mense geld najaag. Hy lewe eerder eenvoudig op sy plasie en lewe actually. Hul begroting is so uitgewerk dat hulle Saterdae midddae by die country pub net af in die straat gaan lunch. Hy drink ‘n bier of twee en sy klein vroutjie waarskynlik ‘n glas wyn. Om die waarheid te sê, ek het haar nognooit iets sien drink nie. Mmm…
Gister oggend word ek wakker met ‘n nek wat woes verslaap is. Dis nie die kussing nie, ons het vrek nice kussings. Dis omdat ek waarskynlik stywe nek gelê en slaap het heelnag. Vir wat? ‘n Besigheids besluit het my tussen slaap en opstaan vir die natuur wat roep, met ‘n stywe nek gelaat. Vir wat? Sou die besluit vinniger kon kom as ek net vas geslaap het? Sou ek met die antwoord opgestaan het as ek net rustig en diep geslaap het? Definitief. Nou sit ek half moeg van min slaap EN met ‘n stywe nek. En die antwoord is nog nie op die tafel nie en dis oggend nommer twee. Ek moet stort, chiropractor toe en dan weer kom sit en dink. Maar ek kla nie. Want ek sit nie in ‘n kantoor met ‘n baas wat oor my skouer loer en wonder wat ek heeldag doen nie. Al betaal ek nog nie myself so goed nie, is ek darem my eie baas.
Gister was ek vir ‘n foto shoot vir die cd omslag. Dis die tweede shoot. Die eerste een was ‘n fiasko. Ek los dit daar. Soos die foto’s uitgekom het, veral die een wat ek hier insit…gee ek myself oor aan die planeet en sy/haar sin vir humor. Ek surrender soos die Britte sê. Voolgende week begin ons die nuwe album druk en versprei. Ons skiet die eerste musiek video en die album gaan rakke toe. Dis die eerste keer in drie jaar wat ek ‘n album vrystel. Dis tyd. Dit het die laaste drie jaar gevoel of ‘n stuk van my doodgegaan het sonder vernuwing. Maar dit was ‘n deurmekaar tyd.
Ek’s terug met ‘n baie lekker album. Ek’s terug met baie meer lewens ervaring. Hierdie jaar gaan ons dinge roer, hopelik sonder stywe nekke!
Lekker naweek! Gaan slaap vas en diep…stywe nek het niemand nog iets in die sak gebring nie!
AK


Jy het ‘n gawe om te skryf, die styl is net so gemaklik en opreg. Dit voel asof ek die ervarings saam saam met jou leef, en tog doen ek ‘n bietjie.
O ja, ek smaak die foto!
waar woorde AK! Jy is great en ons kan nie wag vir jou nuwe CD nie!