• Blog

    Posted on January 26th, 2010

    Written by abie

    Tags

    Inspirasie

    Teen die tyd dat die ink op hierdie baldsy een geword het met die papier, het ons reeds ‘n musiekvideo geskiet. Die musiekvideo behels ‘n vriend se jonger sussie, die kamera operateurs van Johannesburg, ‘n ou klavier en ‘n draagbare cd spelertjie. Elkeen van die komponente is redelik maklik bekombaar, behalwe vir die klavier. Die opdrag van die platemaatskappy is om ‘n ou klavier in die hande te kry wat ons in die see kan sit indien nodig, maar ook kan uitbrand aan die einde van die projek. Ek begin rondbel.

    My eerste oproep is aan Jacques Arendt van BayFM. Hy wys my in die rigting van die super cool Kevin Mattheus van Tempo Musiek, wat my op sy beurt na Theo die klavier stemmer verwys. Theo wys my op sy beurt na Riaan, ook ‘n klavier stemmer. Riaan is geweldig vriendelik en ek verduidelik presies wat ek nodig het. Hy het wel ‘n klavier wat ons kan gebruik, een wat wag om gerestoureer te word. Ek deel hom mee dat ons waarskynlik die klavier gaan uitbrand en ek hoor hoe sy binneste kreukel en vou en toe darem ingee. Ons kan die klavier koop.

    Dit voel aardig om ‘n musiek instrument met so baie towerkragte soos ‘n klavier sommer summier uit te brand. My vrou troos darem dat dit in die naam van kuns geskied, so dit word verskoon. Hendrix het sy kitaar op die verhoog aan die brand gesteek en Jerry Lee Lewis ‘n klavier. Ek voel beter. My buurman bel om ‘n draai te maak. Terwyl ek opstap na sy huis tussen die bome bly die brandende klavier in my gedagtes. Ek deel die storie met buurman en soos hy nou maar is, het ‘n storie oor klaviere.

    Sy storie gaan oor ‘n fenomeen wat redelik gewild was in vroeër jare. Dit was in die vorm van ‘n kompetisie. Op die veld staan drie klaviere. Aan die agterkant van die klavier, omtrent ‘n meter weg, is daar ‘n muurtjie opgerig met ‘n vierkantige gat in, omtrent so groot soos ‘n HAT woordeboek. Aan die anderkant van elke klavier, ‘n span mans van so drie tot vier sterk. Die doel van die uitdaging is redelik eenvoudig. Die span wat sy klavier eerste heeltemal deur die vierkantige gat kry, wen. Huh? Ja, elke span het ook ‘n tienpond hamer tot sy beskikking. Een ou slaan met alle mag terwyl sy spanmaats die stukke wat van die klavier afkom deur die gat stoot. Afgryslik hoor ek mense dink. Die waarheid is darem dat al drie klaviere so erg beskadig was van binned at hulle enigste lot die ashoop was en dat hierdie vorm van vermaak darem laaste glorie aan die instrumente sou gee. Alles in die naam van vermaak dink ek skielik by myself en ‘n parallel tref my teen die voorkop soos ‘n stuk Noorweegse Salm.

    Is al wat kunstenaar en vermaaklikheidster nie besig om so hard as moontlik hul eie stukkie klavier eerste deur ‘n get the druk in die hoop om eerste anderkant uit te kom nie? Is ons almal nie ook besig om heilige deeltjies van onsself op te offer om ons klaviere deur die gat te kry nie?

    Ek voel selfs beter oor die moontlikheid dat ons later hierdie week ‘n klavier gaan uitbrand. Ek troos myself dat dit darem alles in die naam van kuns sal geskied.

    This entry was posted on Tuesday, January 26th, 2010 at 4:12 am and is filed under Blog. You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.
  • 0 Comments

    Take a look at some of the responses we have had to this article.

  • Leave a Reply

    Let us know what you thought.

  • Name(required):

    Email(required):

    Website:

    Message: