So daag die aand op, soos ‘n opgewonde tiener met heelwat meer as sy selfoon in sy sak. Reg vir die aand se gebeure, so reg dat jy jou eie hartklop duidelik kan hoor. Die band is vetgesmeer en die opwinding oorheers al wat neuron is. Emile Minnie, die kroonprins van klavier speel daar doer in Die Boer teater restaurant en ek hoor die fyn geplof van sy vingers op die klawers. Ek is naar soos ‘n straatkat van afwagting. Vir die eerste keer in ‘n baie lang tyd het ek weer ‘n band onder my vlerke en nie sommer enige band nie.
Ons betree die verhoog. Wayne en Noddy neem stelling in. Emile is reeds in posisie. Soos ‘n wonderlike droom gaan die aand verby en ek kan min detail onthou. Niks te doen met te veel rooiwyn of tequila nie. Alles te doen met die euforia van die aand. Die energie was net reg…die gehoor was net reg. Die klank was net reg. En die emosie was net reg.
Die Afstand Tussen Tyd is bekend gestel aan die Kapenaars. En dit was net die begin…
This entry was posted on Friday, March 12th, 2010 at 11:09 am and is filed under Blog, Fotos.
You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed.
You can leave a response, or trackback from your own site.












