Ek’s stil in hierdie spasie die laaste tyd, ek weet. Moet dit nie persoonlik vat nie, ek’s net besig. Ongelukkig nie die tipe besig wat jou van die een verhoog na die ander sloer nie. Nie die tipe besig waar televisie, radio en gedrukte media hul hakskene deur draf om onderhoude met jou te doen nie. Mens moet eet ook. Nie net speel nie. Mar genoeg van my weeklaag.

“Die afstand tussen tyd” doen baie goed. Die eerste druk is reeds uitverkoop na net bietjie meer as ‘n maand op die rakke. Dis goeie nuus vir vorentoe, want ons het nog gladnie begin met die aggressiewe bemarkingsveldtog wat beplan is nie.

Ek mis die band vanaand en skiem dit sou woes lekker gewees het om my longe te staan en uitgil terwyl Wayne en Noddy die lug inkleur met die dromme en die Fender Bass. Emile is in Turkye, so die aanvallige Nikki op die klawers sou ‘n wonderlike toevoeging gewees het tot die rehearsal. Waarskynlik in die sweterige warm Corner Bar rehearsal kamer in Durbanville.

Onmiddellike planne? Gedog ek hoor iemand vra. Daar is hope planne. Vir die volgende 3 maande gaan ek effens onder die radar wees met besigheids belange wat my volle aandag geniet. Van Augustus af kan julle ‘n paar vet shows met die band en ‘n paar sonder die band verwag. Ek maak ‘n draai in die Kaap waar ons Dorpstraat se nuwe venue op die plaas speel.

Die res van die posting is nou-net ingesluk deur ‘n verkeerde knoppie en ek het vergeet wat ek daar geskryf het…Ek sal weer update…klompie shows volg in die lente…selfs vol band show in die Kaap…by Bloemendal Restaurant…solo in Nieu Bethesda en super spesiale show in PE teen einde September…

Arrie warrie maats! Tyd is ons priester…ons leermeester.
AK

This entry was posted on Wednesday, April 21st, 2010 at 7:59 pm and is filed under Blog. You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. Both comments and pings are currently closed.