Kaapse cd launch
Die Kaapse cd launch gebeur die 10de Maart by Die Boer in Durbanville. Elke persoon wat ‘n tafel vir 10 of meer mense book, kry ‘n gratis cd. Vir besprekings bel Die Boer by (021) 979-1911.
Die Kaapse cd launch gebeur die 10de Maart by Die Boer in Durbanville. Elke persoon wat ‘n tafel vir 10 of meer mense book, kry ‘n gratis cd. Vir besprekings bel Die Boer by (021) 979-1911.
Snags lê ons en slaap in huise waarvan die alarmstelsels se liggies rooi blink. Paraat soos ‘n wip in die woud. Styfgespan, reg vir enige beweging. Jy moet deur ‘n hele proses gaan net om jouself in die gang te gaan verlig wanneer die natuur jou wakker maak en jou op die blaas druk. Kwansuis [...]
Drie jaar se grawe om die songs uit te kry, drie jaar se wag vir die inspirasie om my om my enkels te vat en my kop teen die muur te slaan…die wag was die moeite werd…hier is hy nou…behoort in jou naaste cd winkel te wees voor einde Februarie.
Die blomkind musiekvideo is op Youtube…gaan vang hom voor dit op die tv verskyn…
http://www.youtube.com/user/vonkvph
Amper twee jaar gelede staan en staar ek na die televisie skerm. Iets is fout. Daar’s lyntjies oor die beeld. Amper soos in die dae van ‘n lugdraad. Die mooi woord vir êriël. Dit maak nie sin nie, want dis nie veronderstel om dit te doen nie. Sateliet televisie is mos van die helder soort. [...]
Die Blomkind musiekvideo is klaar geskiet. Hier’s ‘n paar foto’s van dag een se scenes. Daar volg nog aand foto’s en vanoggend vroeg se strand foto’s…
Teen die tyd dat die ink op hierdie baldsy een geword het met die papier, het ons reeds ‘n musiekvideo geskiet. Die musiekvideo behels ‘n vriend se jonger sussie, die kamera operateurs van Johannesburg, ‘n ou klavier en ‘n draagbare cd spelertjie. Elkeen van die komponente is redelik maklik bekombaar, behalwe vir die klavier. Die [...]
Stres is ‘n bliksem. En so onnodig meeste van die tyd. Ek weet van niemand wat al iets kon reg stres nie. En dis boonop geweldig ongesond om so te stres. In die Franse platteland is mens se lewensverwagting heelwat hoër as die res van die wêreld. Hoekom? Wan die mense raak nie vreeslik opgewerk [...]
Kamerade, broers en susters. Met die nuwe cd klaar en in die proses om gedruk te word en warra warra…is dit seker tyd om weer ons gesiggies en uitgeslape lywe op ‘n verhoog in jou dorp te kom rondswaai.
Ek maak ‘n vinnige draai by Die Woordfees in Stellenbosch die 7de Maart. Kom loer gerus in!
Ons [...]
Dis uiteindelik ‘n nuwe jaar. Daar was ‘n tyd wat ek gedink het 2009 gaan nooit sy gat sien nie. Liewe aarde! Hoe mal kan ‘n jaar word voor hy moet weggesleep en oor die kop geslaan raak? Nog een week van 2009 en iemand sou my moes wegsleep aan my hare en oor die [...]